Loading...

MEER OOR ONS

Ten einde binne die veranderende paradigma oor opvoedkunde en in die snelgroeiende beweging na tuisonderwys in Suid-Afrika (en wêreldwyd) dit makliker te maak vir nuwe belangstellendes, voornemende tuisonderwys gesinne, bestaande tuisskolers, tuisleerders wat ’n matriekkwalifikasie wil behaal en jong volwassenes uit tuisskoolgesinne wat opsoek is na verdere of tersiêre opleiding, om inligting oor hulle belangstelling te bekom, word daar deur die loop van die jaar ’n paar Opvoedkunde ekspo’s aangebied.

Die ekspo’s wat tans op hierdie wyse aangebied word, is die Gauteng Opvoedkunde Ekspo, die CHE Opvoedkunde Ekspo (in die Kaap), die Kragdag Opvoedkunde Sub-ekspo (Pretoria) en van 2018 af ook die KwaZulu-Natal Opvoedkunde Ekspo.

Die organisering van die ekspo’s geskied gewoonlik as ’n samewerking tussen die Vereniging van Tuisonderwys, ’n plaaslike/provinsiale tuisonderwys groep en KragDag (wat die besprekings en administratiewe bestuur behartig).

Dit is die taak van homeschoolexpo.co.za om inligting oor hierdie ekspo’s bekend te stel.

Die opvoedkunde ekspo’s word georganiseerd en aangebied deur: