Datum:
Donderdag – Saterdag 17 – 19 Oktober 2019 (9:00 – 17:00) vir die Afrika Konferensie
Saterdag 19 Oktober 2019 (9:00 – 15:00) vir die Gauteng Tuisonderwys Ekspo
Plek:
Breinlyn Kampus (215 Veronica Rd, Montana, Pretoria)
Afrika Tuisonderwys Konferensie en Gauteng Ekspo
Dit is vanjaar die eerste keer dat Suid-Afrika die gasheer is vir die Afrika Tuisonderwys Konferensie (GHEI Africa), wat saam met die Gauteng Tuisonderwys Ekspo van 17 tot 19 Oktober in Pretoria aangebied word. Tydens die drie dae van die konferensie sal daar verskeie internasionale en plaaslike sprekers optree. Daar sal ook verskeie aktiwiteite vir kinders op die perseel plaasvind soos perdryritte, perde-ryskool demonstrasies, filmvertonings, springkastele, hindernisbaan, swem, duikdemonstrasies, kosmaak en koekversiering, noodhulp demonstrasies, selfverdediging demonstrasies, albasterbaankompetisies en lewendige musiekvertonings.
Junior Entrepreneurs kan ook tydens die geleentheid hulle besigheid uitstal of hulle produkte kom verkoop – vir meer inligting skakel met Joey (joey@kragdag.co.za of 087 231 1644).
Voorsiening word gemaak vir verskeie tuisonderwys-uitstallings in die perseel se tuine op die Donderdag en Vrydag terwyl die volledige ekspo uitstalling op Saterdag 19 Oktober plaasvind. Toegang vir kinders tot 18 jaar is gratis terwyl die hekfooi R70 per volwassene is (R35 indien jy jou kaartjie vooraf koop – u kan HIER registreer). Om enige of al drie die dae van die Afrika Konferensie lesings by te woon, kos R100 per persoon (u kan HIER registreer) en dit sluit toegang tot die ekspo op Saterdag in.
Navrae:
087 231 1644 | expo@tuisskolers.org
Meer oor die Afrika Tuisonderwys Konferensie:
Vir meer inligting besoek www.ghex.africa
Uitstallerslys vir die Ekspo:
Vir ‘n lys van uitstallers van 2019, klik hier.
Uitstallers vir die Ekspo:
Klik hier vir die aansoekvorm.
Afrika Tuisonderwys Konferensie en Gauteng Tuisonderwys Ekspo Program
Klik hier om die program af te laai.