Datum:
8 – 10 Augustus 2019 (9:00 – 16:00)
Plek:
KragDag Terrein (Diamantvallei Landgoed)
Kostes:
R90 per volwassene – kinders tot 18 jaar is gratis. Registrasies maak 1 Mei 2019 oop.
Toegang is gratis indien vooraf op www.kragdag.co.za registreer.
Navrae:
Navrae: 087 231 1644 | info@kragdag.co.za
Uitstallerslys:
Vir ‘n lys van uitstallers, klik hier.
Uitstallers:
Klik hier vir die uitstalaansoekvorm.
Meer oor die KragDag Opvoedkunde Sub-ekspo:
Met die leuse “Doen jou eie ding!” fokus KragDag op ‘n vryword-lewe deur selfstandigheids-en volhoubare oplossings wat wegdoen met afhanklikheid van staatsondersteunde netwerke. Hierin speel hernubare energie en verwante aangeleenthede ʼn sentrale rol, maar daar word ook voorsiening gemaak vir ander aspekte wat ʼn lewe van selfbehoud en selfbeskik moontlik maak. Hier vind jy oplossings vir die uitdagings van energie, water, veiligheid, gesondheid, voedsel, opvoedkunde en kreatiewe entrepreneuriese lewensonderhoud. Die Opvoedkunde Sub-ekspo geniet spesiale aandag by KragDag. Anders as by die ander opvoedkunde ekspo’s wat op hierdie webtuiste voorkom, is die opvoedkunde uitstallings by KragDag nie beperk tot die tuisonderwys mark nie. Ook anders as by die ander ekspo’s bied hierdie geleentheid ook toegang tot ’n nuwe mark van mense wat nie normaalweg met tuisonderwys in aanraking kom nie. Vir meer inligting besoek www.kragdag.co.za.